





Wakker Akker Kleuterskool
Wakker Akker Kleuterskool se naam is gekoppel aan 1 Kor 3:9:
“…julle is die akker (saailand) van God.”
Wakker Akker is ‘n geregistreerde kleuterskool. Ons het 2 groepe met leerders wat wissel van 2-jariges tot 5-jariges (Graad RR ingesluit). Ons sien elke Wakker Akker as God se eiendom en hanteer elkeen met liefde en respek. Omdat ons ons kinders sien as “God se Akker” voed ons ons kinders op na gees, siel en liggaam.
“It takes a village to raise a child”
African Proverb

KWALITEIT OPVOEDING
Ons opvoeders is gekwalifiseer en volg die “Alles-in-Een Kurrikulum”, wat aansluit by die Nasionale Kurrikum Raamwerk.
Ons begin daagliks met Bybel en Bybelliedjies, sing, rym, vertel stories en tel. Ons gebruik empatie, keuses, logiese gevolge en aanmoediging om selfversekerde maats voor te berei om hulself te handhaaf tussen ander. Ons kreatiewe en kringtyd is gebaseer op weeklikse temas om die kleuter gereed te maak vir die leefwêreld buite die skool. Ons doen elke dag fisiese aktiwiteite volgens ‘n uitgewerkte kinderkinetika program om fikse lyfies te oefen! Die skool bied ‘n alles insluitende program vir kleuters se gees, siel en liggaam.