Sedert 2012

Wakker Akker Kleuterskool het in Januarie 2012 sy deure vir 6 maats oopgemaak. Magdel is deur verskeie mense in die gemeenskap gevra om ‘n kleuterskool te begin. Sy en haar gesin het ‘n motorhuis omskep in ‘n klein kleuterskool. Daarna het dit gegroei en die aangrensende motorhuis is ook omskep in die volgende klas. Die skool en huis vorm saam ‘n warm, huislike en kreatiewe ruimte vir Wakker Akkers om te leer en speel.
Uitstappies en Instappies

Ons hou gereelde uistappies en instappies. Ons koester ons ouma’s, oupa’s, ouers, ander familie en die gemeenskap en moedig hulle aan om betrokke te wees by die skool. Ons nooi hulle uit skool toe en hou geleenthede waar ons saam ons kleuters kan geniet.
Verder is dit elke Vrydag Bakkersdag by Wakker Akker. Elke maat kry 'n beurt om 'n Wakker Akker Bakker te wees en hul gebak met ander maats te deel.

Toelatingstoere
Ons hou baie daarvan as Mammas, Pappas en nuwe maats by Wakker Akker kom kuier. Om te verseker alle Wakker Akker maats én besoekers geniet genoegsame aandag, hou ons een toelatingstoer per kwartaal.
Inligting in verband met die volgende toelatingstoer is hier beskikbaar.
Bespreek nou plek om die volgende toer by te woon.
Vakansieprogramme

Wakker Akker Kleuterskool is gesluit tydens skoolvakansies en op publieke-vakansiedae.
Ons bied wel beperkte vakansieprogramme deur die loop van die jaar:
Kontak Magdel vir meer inligting: 082 410 9298

Wat sê die Ouers
Magdel let fyn op die ontwikkelling van elke kind. Sy hanteer ons seuntjie - en al die kinders - met soveel deernis en geduld. Die rustige atmosfeer by Wakker Akker is vir my uniek en het ek nog nie elders teegekom nie. Magdel se fokus op kwaliteit opvoeding is ook opmerklik en die weeklikse temas is altyd 'n kombinasie van pret en leersaam. Ons kan nie wag dat ons jongste oud genoeg is om ook by Wakker Akker te kan aansluit nie!
- Maretia Wiggett - 2024